Russiese Mafia

Die Russiese Mafia (Russies: росси́йская ма́фия, rossijiskaja mafija, of ру́сская ма́фия, roesskaja mafia) is nie net een bende nie, maar ’n uiteenlopende groep sindikate van georganiseerde misdaad wat in die voormalige Sowjetunie ontstaan het. Dit word ook soms genoem Bratwa (братва́; slangtaal vir "broederskap", wat na alle bendes verwys, ook mededingende groepe).

Sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie het hierdie groepe se invloed wêreldwyd toegeneem.[1]

  1. Glenny, Misha (2008), McMafia: A Journey Through the Global Criminal Underworld; New York: Alfred A. Knopf, passim.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search